Welkom by Katvoet Kuns en Geskenk Galery.

Ons bestaan reeds vanaf Mei 2008, en is ‘n baken vir almal wat op soek is na unieke
kuns, geskenke en klere.

Katvoet spesialiseer in die blootstelling van nuwe kunstenaars, en bied ‘n platvorm
aan vir interessante dekor – items en handgemaakte klere.
Kom geniet ons pragtige , rustige tuinarea en drink ‘n koppie tee of koffie
saam met ons.

By Katvoet is vriendelike mense en veilige parkering. Kyk gerus wat maak
ons op Facebook. Daar gaan ons nuwe kunstenaars asook produkte
bekendstel en nuus oor funksies plaas .

Ons gaan ook op ‘n gereelde basis ‘n nuusbrief uitstuur. As jy die nuusbrief
wil ontvang, vul die vorm in op ons “Kontak ons“ blad.
Webtuiste   |     |     |     |     |     |